top of page

V & A

  • Wat is n V&A afdeling?
    'n V&A-afdeling kan gebruik word om vinnig algemene vrae oor jou besigheid te beantwoord, soos "Waarheen stuur julle?", "Wat is julle werksure?", of "Hoe kan ek 'n diens bespreek?".
  • Hoekom is V&As belangrik?
    V&As is 'n uitstekende manier om webwerf besoekers te help om vinnige antwoorde op algemene vrae oor jou besigheid te kry en 'n beter navigasie-ervaring te skep.
  • Wat is 'n digitale kaart?
    n Digitale kaart is jou profiel in die app wat gebruik word om toegang tot events te kry. Dit is nie 'n fisiese kaart nie, maar 'n QR-kode wat op jou app verskyn wanneer jy 'n kaartjie koop. Kyk hier na Conrad's Customer Journey
  • Moet ek nog 'n fisiese lidmaatskapkaart hê?
    Nee, 'n fisiese kaart is nie meer nodig nie. Jou digitale profiel in die app is jou "digitale kaart" wat jou toegang tot events en afslag bied.
  • Hoe kry ek toegang tot 'n "Event"?
    Jy sal 'n ticket koop via die app of webwerf, en dit sal as 'n QR-kode in jou app verskyn. By die "event" sal die hek-persoon die QR-kode skandeer om jou toegang te gee.
  • Hoe werk die afslag vir lede?
    Lede met 'n betaalde subskripsie kry afslag op sekere tickets, soos parkering. Byvoorbeeld, 'n parkeringsticket kan 50% afslag kry vir lede.
  • Kan non-lede afslag kry?
    Nee, non-lede sal die volle prys vir tickets betaal en sal nie sekere kaartjies, soos parkering agter die pawiljoen, kan koop nie. Hierdie is slegs vir lede beskikbaar.
  • Hoe koop ek 'n kaartjie vir 'n "Event"?
    Lede kan 'n kaartjie koop via die app of webwerf. Non-lede kan ook kaartjie koop, maar hulle sal die volle prys moet betaal.
  • Wat gebeur as ek nie 'n kaartjie het nie?
    As jy nie vooraf 'n kaartjie gekoop het nie, kan die hek-persoon vir jou 'n kaartjie genereer en jy kan betaling aan die hek-persoon doen, via kontant of 'n online betaling.
  • Hoe weet die app wat ek het?
    Wanneer jy in die app inlog, sal jou digitale profiel en subskripsie in jou "subscriptions" area wees. Dit wys jou status en lidmaatskap.
  • Wat is die verskil tussen 'n digitale kaart en ander digitale kaarte (soos by Clicks of Discovery)?
    n Digitale kaart("ticket") vir toegang tot "Event"s werk heeltemal anders as digitale kaarte by winkels of hospitale. Dit is nie net om afslag te kry nie, maar om toegang tot spesifieke areas of "Event"s te kry.
  • Kan ek 'n kaartjie deel of oordra na iemand anders?
    Nee, elke kaartjie is uniek vir jou en kan nie gedeel of oorgedra word nie. Sodra 'n kaartjie ge"scan" word, word dit as gebruik gemerk.
  • Wat gebeur by die hek by die "Event"?
    By die hek sal die hek-persoon jou QR-kode skandeer om jou toegang te gee. Dit sal ook wys of jy 'n betaalde kaartjie het en watter afslag jy ontvang het.
  • Kan ek 'n parkeringskaartjie saam met my "Event"kaartjie koop?
    Ja, jy kan 'n aparte parkeringskaartjie koop, en jy sal afslag kry as jy 'n betaalde lid is.
  • Kan ek toegang kry sonder 'n digitale kaart?
    Nee, jy sal altyd 'n geldige kaartjie moet hê vir toegang tot 'n "Event". Sonder 'n kaartjie sal jy nie toegang kry nie.
  • Is daar enige ander voordele vir Alumni lede?
    Ja, Alumni lede kry afslag op sekere items en kan toegang kry tot eksklusiewe areas by "Event"s.
  • Wat as ek nie weet hoe om die app of webwerf te gebruik nie?
    Daar is 'n "how to" gids wat jou deur die proses lei. Jy kan ook hulp vra by die "Event"personeel as jy nie seker is nie.
bottom of page