Mobile App: Klub Monties
- Monties
- Feb 16
- 2 min read
Updated: Feb 20

Wix Spaces Toepassing

Klub Monties Toepassing in Wix Spaces
Ontvang die Uitnodiging Kode (Invitation Code)
Jy sal ’n Uitnodiging Kode per e-pos ontvang of van ’n lid kry. Hierdie kode gee jou toegang tot die Klub Monties se privaat ruimte in die Wix Spaces toepassing.
Laai die Wix Spaces toepassing af
Vir Android-gebruikers:
Maak die Google Play Store oop.
Soek vir Wix Spaces.
Tik op Installeer (Install) en wag totdat die toepassing afgelaai en geïnstalleer is.
Vir iOS-gebruikers (Apple):
Maak die App Store oop.
Soek vir Wix Spaces.
Tik op Kry (Get) en wag totdat die toepassing afgelaai en geïnstalleer is.
Meld aan of registreer op Wix Spaces
Nadat die toepassing geïnstalleer is, maak dit oop.
Tik op Registreer (Sign Up) of Meld aan (Log In).
Gebruik jou aanmeld bewyse vanaf die webwerf:
As jy ’n Wix-rekening gebruik:
Tik op Meld aan (Log In) en gebruik jou aanmeld bewyse (dieselfde aanmelding as op die webwerf).
As jy Google/Facebook/E-pos gebruik het om aan te meld:
Tik op die toepaslike knoppie (Google, Facebook of Email) en meld aan met dieselfde rekening wat jy op die webwerf gebruik het.
Maak seker dat jy dieselfde aanmeld metode gebruik as op die webwerf, sodat jou rekening op die webwerf en in die Wix Spaces toepassing ooreenstem.
Voer die Uitnodiging Kode in
Nadat jy aangemeld het, sal jy gevra word om jou Uitnodiging Kode in te voer.
Tik die kode in en druk Sluit aan (Join) of Gaan voort (Enter).
Jy behoort nou toegang te hê tot die Klub Monties se privaat Wix Space.
Voeg ’n kortpad (ShortCut) na jou tuis skerm (Home Screen) by (Android of iOS)
Vir Android:
Maak die Wix Spaces toepassing oop.
Tik op die drie kolletjies (menu) in die regter boonste hoek.
Kies Voeg by tuis skerm (Add to Home screen).
Gee ’n naam vir die kortpad en tik op Voeg by (Add).
Die Wix Spaces kortpad sal nou op jou Android tuis skerm verskyn vir maklike toegang.
Vir iOS (Apple):
Maak die Wix Spaces toepassing oop.
Tik op die Deel-ikoon (Share icon) (die blokkie met ’n pyl wat opwaarts wys).
Rol af en tik op Voeg by tuis skerm (Add to Home Screen).
Gee ’n naam vir die kortpad en tik op Voeg by (Add).
Die Wix Spaces kortpad sal nou op jou iPhone se tuis skerm verskyn.
Comments